

Die taal- en kultuurverskeidenheid
van ons lede weerspieël net soos ons sang die kaleidoskoop
van die Suid-Afrikaanse samelewing. Die meeste koorlede is afkomstig
uit Stellenbosch en omgewing en koorlede reis gemiddeld 25 kilometer
per motor, taxi of te voet na kooroefeninge. Die ongeveer 110
lede se huistale is Afrikaans, Engels, Xhosa en Sotho. Die meeste
koorlede praat Afrikaans by die huis gevolg deur Xhosa wat deur
die tweede meeste gepraat word. Die beroepe wat ons koorlede
beoefen, wissel van aktuariële wetenskap, arbeidsterapie,
joernalistiek, onderwys, motorwerktuigkunde, kinderoppaswerk
en plantpatologie tot teologie! Meer as 20 koorlede is ook leiers
of dirigente by ander kore soos kerk-, skool- en gemeenskapskore.
Die ervaring wat hulle hier by ons opdoen, word in dié kore
teruggeploeg.
Nuwe lede word jaarliks in Januarie genooi vir oudisies terwyl
bestaande lede ook in Januarie weer oudisies moet doen. Stel
jy belang om ‘n oudisie te kom doen of weet jy van iemand
wat graag ‘n oudisie wil kom doen? Skakel
ons gerus.

|