Stellenbosch Libertaskoor  - Vryheid in Harmonie
   

 

Die Stellenbosch Libertaskoor verbeter en verryk nie net die lewensgehalte van sy lede en diegene wat regstreeks met die koor in aanraking kom nie. Ons reik ook uit na al gemeenskappe vanwaar ons koorlede kom.

Die koor het al aan dié volgende instansies tasbare hulp verleen:

  • Die Mfuleni–gemeente in Blackheath, Kaapstad, vanwaar ’n paar koorlede afkomstig is;
  • Die Masikhule-kinderhuis in Khayelitsha;
  • Die ERUB Kinderkoor wie se lede uit die gemeenskappe van Elsiesrivier, Ravensmead, Uitsig en Bishop Lavis kom, kon danksy ons finansiële ondersteuning, ’n oorsese toer onderneem;
  • Die Cape Town Mission Homes & Services, ’n organisasie wat hom toespits op welsynswerk onder mishandelde weeskinders en behoeftige senior burgers. Dié organisasie is veral op die Kaapse Vlakte aktief werksaam;
  • Die Vereniging vir Volwasse Onderrig van die Atlantis-gemeenskap wat ook deur Naspers ondersteun word.
  • Finansiële ondersteuning aan die AME Kerk in Eersterivier en die Laerskool Mitchells Plain ten bate van die sertifikaatkursus in musiekopleiding aangebied deur die Konservatorium van Musiek.

Die koor gee ook gereeld uitvoerings ten bate van ’n verskeidenheid organisasies wat die breë gemeenskap bevoordeel soos:

 

English

Skakel ons