
Om versoening, solidariteit, vrede en vryheid
te demonstreer deur die gedeelde ervaring van koormusiek, terwyl
God met vertroue, vreugde en dankbaarheid vereer word.
Ons koor is inderdaad verteenwoordigend van
al die mense van ons land, saamgebind deur 'n liefde vir musiek
en die gawe om
te sing. Ons verbind ons ook tot die opheffing van histories
benadeelde gemeenskappe, dus word 'n groot persentasie van
die Libertaskoor se inkomste uit konserte aan maatskaplike projekte
en hulpbehoewendes geskenk. Lees hier meer oor die tasbare
hulp wat die koor aan organisasies uit histories benadeelde gemeenskappe
soos die Masikhule-kinderhuis
in Khayelitsha bied.
Om wedersydse begrip, agting en vertroue tussen alle Suid-Afrikaners
te bevorder, ontgin die koor deurgaans inheemse musiektradisies
terwyl nuwe talent ontwikkel en in die gemeenskap teruggeploeg
word. Dít doen ons deur gereeld voor plaaslike konsertgehore
op te tree en jaarliks na die platteland te reis om musiek terug
te neem na die mense waar dit ontstaan het. Klik hier om uit
te vind wanneer en waar ons optree.

|