Ward Thielemans, Algemene President van die Vlaams-Suid-Afrikaanse
Kultuurstigting:
"… die koorlede het 'n geweldige morele sterkte
uitgestraal wat sonder twyfel alle toehoorders geraak en
geroer het.
Hulle is voortreflike kulturele ambassadeurs vir Suid-Afrika."
Reinhold Mobius, Suid-Afrikaanse Erekonsul, Salzburg:
"…
die sterk versoenende boodskap wat uit hulle land voortkom,
kan nie beter boodskappers as hierdie koor hê nie."
P.R. Dietrichsen, Ambassadeur, Suid-Afrikaanse Ambassade,
Zürich:
"Die briljante uitvoering in die Grossmünster-kerk in
Zürich het 'n permanente indruk gelaat by die musiekgemeenskap
in Zürich."
Richard Whitten, St. George Choral Society, New York:
"Wat verfyndheid en krag betref, oortref u ensemble selfs
baie van die bekendste professionele kore wat ek al gehoor
het. Om so 'n resultaat met vrywilligers uit verskillende
agtergronde te bereik, is byna 'n wonderwerk."
Peter Soal van Fine Music Radio, Cape Town:
"Veel geluk aan die dirigent en elke koorlid met ‘n
wonderlike aand van koorsang! Ek hoop julle het die geleentheid
opgeneem en stel dit binnekort op CD vry, want dit was werklik ‘n
onvergeetlike aand en die moeite werd om oor en oor na te
luister."
Dr. John Pauw, voormalige dirigent van
die Durbanse Mannekoor:
"Dis geen wonder dat elke koorlid so begeesterd sing
nie. Met
'n koor- en orkesuitvoering hou 'n mens mos die dirigent
dop. Om jou dop te hou gee 'n ander dimensie aan die
musiek."